My Portaal

Aha Wiskunde

Wiskunde hulp in Afrikaans

Sluit aan

Graad 4, 5, 6, 7 en 8 Skryf nou in

Die Einde van Jou Wiskunde Nagmerries!

Hulp is hier - jy hoef nie meer te sukkel nie!

Al die hulp wat jy benodig op een plek:

Hoe werk dit?

Eenstop: Spaar moeite en tyd deur alles wat u nodig het vir Wiskunde op een plek te kry.

Hulp enige tyd: Kry dadelik hulp met enige gedeelte van die werk wat u kind nog nie bemeester het nie. U kan terug gaan na die vorige jaar se werk om in te haal. Toegang en hulp is beskikbaar enige tyd van die dag of nag 24/7.

Bekostigbaar: Spaar op ekstra wiskunde klasse, u kan nou aanlyn elke dag toegang kry tot materiaal wat u nodig het om nou die werk te verstaan. U hoef nie te bekommer oor logistiek om u kind heen en weer te ry nie. Vir n bekostigbare bedrag het u toegang tot u eie onderwyser in u huis.

Wye dekking: In diepte toets jou kennis en voorbeelde is beskikbaar vir alle gedeeltes van die werk. U hoef nie deur pakke vraestelle te blaai om die spesefieke area te vind waarmee u nou wil werk nie.

Op datum: Inligting en nuwe materiaal word deurlopend bygevoeg. Die nuutste rekenaartegnologie word gebruik om dit aan u te lewer.

Onbeperkte toegang tot:
• Video verduidelikings van konsepte met voorbeelde en oplossings
• Onderwerp spesifieke vrae en antwoorde
• Toets jou kennis en antwoorde
• Vraestelle en memorandums
• Breinkaarte
• Wiskunde woordeboek
• Bemeester jou tafels en getalkombinasies deur maklike maniere om dit te leer, oefen en te onthou

Daar is voorbeelde van die materiaal op ons tuisblad.  Hier word ook van tyd tot tyd vraestelle, videos en ander materiaal opgesit wat vir u ‘n voorsmaak gee.  Indien u enige verdere vrae het kontak ons gerus by kontak@ahawiskunde.co.za.

Alle lesse word saamgestel deur die riglyne van die CAPS dokument te gebruik. Ons raadpleeg ook ander bronne en dikwels is dit saamgestel deur die gebruik van ervaring wat onderwysers self deur die jare opgebou het. Elke onderwyser is uniek in sy/haar eie manier van konsepte oordra. Ons fokus om die konsep oor te dra. Ons fokus daarop dat leerders die konsepte kan verstaan en toepas op moeiliker vrae, en daarop te kan bou in die daaropvolgende jare.

Alle werk is ingedeel volgens die CAPS indeling. Gaan na daardie afdeling waarmee u sukkel, of wat die studente die dag in die klas gedoen het, en werk daardeur. Studente kan die videos oor en oor kyk totdat hulle dit verstaan. Doen die voorbeelde en Toets jou Kennis. Studente kan selektief wees en fokus op hul probleemareas of al die werk van ‘n punt af deurwerk. Studente  kan later terug gaan na ‘n vorige afdeling vir hersiening voor toetse en eksamens.  Daar is vraestelle en volledige memorandums wat enige tyd afgelaai kan word, vir hersiening.

Elke student het toegang tot al die inligting op die stelsel.  Omdat wiskunde bou op die vorige jaar word die student nie beperk tot slegs een jaar nie.  Elke student kan dus terug gaan na vorige jare se werk.  So lank as wat die lidmaadskap geldig is het die student toegang tot alle inligting op die stelsel.

Daar is subskripsie opsies vir maandeliks, kwartaalliks, halfjaarliks, of jaarliks wat toegang verleen tot alle inligting op die stelsel.  Geldige subskripsie gee die student toegang tot alle grade.  Elke graad bou op die vorige jaar. Ons unieke stelsel is in Afrikaans opgestel vir hulp met Wiskunde. Die aanlyn materiaal dek tans Grade 4,  5, 6, 7  en Graad 8.   Ons is besig om Grade 9 – 12 te ontwikkel en daarna word dit gelaai. Sluit aan by ons nuusbrief om op datum te bly wanneer ander grade opgelaai is.
• Onderwerp spesifieke vrae en antwoorde
• Toets jou kennis en antwoorde
• Vraestelle en memorandums
• Breinkaarte
• Wiskunde woordeboek
• Bemeester jou tafels en getalkombinasies deur maklike maniere om dit te leer, oefen en te onthou

‘n Gebruiker (geldige epos adres) kan slegs op een plek inskakel op ‘n slag.  Sou u op meer as een plek gelyktydig wil inskakel het u meer as een lidmaatskap nodig.  Indien u kinders op verskillende tye wil inskakel kan u dieselfde gebruikers epos gebruik.  Elke gebruiker gebruik hy/sy eie unieke epos adres om in te log en toegang te verkry. Die gebruiker kry onbeperkte toegang vir die subskripsie tydperk.  Eers wanneer die subskripsie gekanselleer word het u nie meer toegang nie.  Indien u steeds ingelog is op een rekenaar/selfoon/tablet, kan u nie op dieselfde tyd inlog op ‘n ander een nie.

Ja, u kan vir enige student se subskripsie betaal. U skep net ‘n gebruiker per epos adres en koop vir daardie epos adres ‘n subskripsie aan. 

Om te registreer benodig u ‘n geldige epos adres. U benodig ook toegang tot die internet. U benodig geen addisionele sagteware nie. U kan vanaf enige rekenaar, selfoon of tablet werk.  Laat weet ons asseblief indien u enige probleme ervaar of foute optel. 

Ons verlang minimum inligting vanaf ons studente wat slegs gebruik word om ‘n beter diens aan u te verskaf. U inligting word nie aan derde partye verkoop, verhuur of bekend gemaak nie. Ons het nie toegang tot u wagwoord nie. Ons stoor ook geen inligting rondom u bankrekening nie.

Maak gebruik van ons aanlyn kredietkaart betalings fasiliteit. U kan Payfast se webwerf besoek vir meer inligting. Ons stoor geen besonderhede op ons stelsel nie en maak gebruik van www.Payfast.co.za se betalingspoort.

Wanneer u die “Shop” besoek is ons EFT besonderhede beskikbaar in die “basket”  Plaas die bestelling en doen die EFT.  Stuur asb bewys van betaling saam met u bestelnommer na kontak@ahawiskunde.co.za.  U is welkom om ons te kontak by kontak@ahawiskunde.co.za om alternatiewe betalingsmetodes te bespreek.

Daar word tans met ander onderwysers onderhandel om ook ander vakke op te laai.  Indien jy sou belangstel om dit te doen, is jy welkom om ons te kontak by kontak@ahawiskunde.co.za inligting op die stelsel.

Gaan na “my portaal” toe.  Daar het jy die opsie om op “lost your password” te kliek en jou wagwoord te herwin. en getalkombinasies deur maklike maniere om dit te leer, oefen en te onthou

Jy is welkom om die videos in jou klas te wys.  Ons versoek egter dat die vraestelle en Breinkaarte nie vermeerder en uitgedeel word nie. 

Ja, alle videos, verduidelikings, toetse, vraestelle, memorandums en alle ander dokumentasie op die webwerf is slegs in Afrikaans.

Indien u enige foute raakloop, kontak ons asseblief op kontak@ahawiskunde.co.za sodat ons dit kan ondersoek en regstel waar nodig.

Wanneer jy inskakel met jou epos adres laat dit net een sessie op ‘n slag toe. U moet dus seker maak dat u uitteken voordat u op ‘n nuwe toestel kan inteken. Hou u gebruikersnaam en wagwoord veilig. Indien u vermoed dat u gebruikersnaam of wagwoord elders gebruik word, kontak ons dadelik dat ons dit kan regstel.

Ons is altyd op soek na nuwe talent. Indien u belang stel in ‘n ekstra inkomste, stuur asb u verkorte CV na kontak@ahawiskunde.co.za en ons kontak u. 

Word u vraag nie hier beantwoord nie? Stuur asseblief u vraag na kontak@ahawiskunde.co.za en ons beantwoord u so spoedig moontlik. 

Laai GRATIS af en kry 'n voorsmaak:

Wiskunde Graad 5 hersieningsvraestel 150 punte, 10 bladsye. 
Wiskunde Graad 6 hersieningsvraestel vir Kwartaal 1 en 2:
Wiskunde Graad 7 Breinkaart:  KGV en GGD
(Faktore, Veelvoude en Priemfaktore)